Wiele2Wiele cover logo

Wiele2Wiele gesels oor BMW, Audi se vuurwaens

25m · Wiele2Wiele · 08 Mar 07:58

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar gesels oor BMW se nuwe 5-reeks sedan, wat die BMW i5 M60 xDrive en BMW 520d insluit, en Audi se RS6 Avant Performance! Daar is ook ’n eerste vir Wiele2Wiele - ’n radiodrama oor Miniette en Golfvaas wat vir ’n koffie-afspraak gegaan het. Die span gesels ook oor die 'Kerk, Karre & Koffie' mini-motorskou en alles wat daar te siene was. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

The episode Wiele2Wiele gesels oor BMW, Audi se vuurwaens from the podcast Wiele2Wiele has a duration of 25:32. It was first published 08 Mar 07:58. The cover art and the content belong to their respective owners.

More episodes from Wiele2Wiele

Wiele2Wiele vat langpad met Hyundai Staria

Vir hierdie episode vat Wiele2Wiele die langpad met die Hyundai Staria-bussie van die Kaap tot in Bloemfontein en weer terug. Daar is algemene nuus, 'n onderwater-motorwaardewenk en raad oor motorfietsveiligheid. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry met CX-60 en T-Roc

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met Mazda se vlagskip CX-60 2.5 AWD Individual-sportnuts en ook met Volkswagen se VW T-Roc 2.0 TSI R-Line. Daar is weer ’n waardevolle wenk oor motorwaardes en hulle gesels oor turbo’s en ikoniese 400cc-motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry met Volvo EX30 en Ford Ranger-bielie

In hierdie week se episode het Wiele2Wiele met Volvo se blitsige EX30 Ultra Twin Motor Performance-sportnuts en die Ford Ranger SuperCab Wildtrak-bakkie gaan ry. Daar was tonne motorsport-aksie by 14de Simola-heuwelren wat die afgelope naweek in Knysna plaasgevind het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry met mondige, opgeknapte Picanto

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele - die Kia Picanto-buksie is mondig en opgeknap. Die span spandeer ook tyd met die GWM Tank 300 en raak opgewonde oor ’n warm luikrug - die Renault Megane RS 300 Trophy. Waarskuwings oor wat brandgevare by jou motor kan veroorsaak en ’n voorskou vir dié motorsport-geleentheid van die jaar - die heuwelren op Simona in Knysna. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele: Nuwe Kia Seltos, BMW X2 bekend gestel

Hierdie week was ’n besige week vir Wiele2Wiele - die nuwe Kia Seltos is bekendgestel, asook die splinternuwe BMW X2. Daar was ook ’n Stellantis-dag met ’n klomp interessanthede. Vir die motorwaarde-wenk word die vraag beantwoord - kan jy ’n voertuig aanlyn koop? Dit is dan motorsport-aksie vir die eerste rondte van die ‘SA Rally-Raid Championship’ (SA Veldren -kampioenskap) en die nuwe NWM Ford Ranger ‘Ultimate’-bakkie word bekendgestel. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Every Podcast » Wiele2Wiele » Wiele2Wiele gesels oor BMW, Audi se vuurwaens