Van die spoor af cover logo
RSS Feed Apple Podcasts Overcast Castro Pocket Casts
English
Non-explicit
rss.com
1:00:27

Van die spoor af

by Lelanie du Preez

Van die Spoor Af is ‘n podcast, ‘n youtube channel en ‘n joernaalprogram met vriendskap, filosofie, vreugde en opregtheid as sentrale temas. JW en Lelanie opper hulle menings oor verskeie Onderwerpe soos dit aan hulle voorgelê word deur kunsmatige intelligensie, oftewel artificial intelligence

Van die Spoor Af is die eerste Afrikaanse podcast ter wêreld wat aan die hand van K.I. vervaardig word.

Copyright: Lelanie du Preez 2020

Episodes

Kaaskoekkletsies

1h 10m · Published 06 May 04:50

Gebak of gestol, ‘n kaaskoek ontlok altyd diepste geheime en wyshede. JW en Lelanie gesels oor die rol van ouderdom in kultuurkronkels en onthul die portrette wat hulle van mekaar gemaak het, met opwindende skaterlag.

Oopkyktyk

1h 6m · Published 08 Apr 04:50

Kuns, invloedrykes en modegiere. JW en Lelanie lewer hulle mening oor die sikluse aard van die heelal en die feit dat niks nuut is nie. Dit terwyl daar blinkertjies op hulle lippe is.

Tussen Vloere en Bestemmings

1h 3m · Published 11 Mar 05:01

Na 'n lekker lang vakansie ontmoet JW en Lelanie mekaar vir 'n koppie Seattle koffie in ongevalle by die Hospitaal 'Stray-Grown Memorial'. Hulle delf diep in die emotionele en filosofiese kant van vriendskap, afskeid, ondersteuning en die skoene wat Meredith in seisoen 1 gedra het.

Net jy kry 'n mug.

1h 10m · Published 04 Dec 04:50

In die laaste episode voor Kersfees, verras JW en Lelanie hulle gehoor met geskenke eg aan die chaos wat net Van Die Spoor af kan opdis. Lelanie delf diep in die sportspel van "The Bachelor" en JW lees die eerste hoofstuk van Jwanie se nuwe boek. Maar wag tot die einde om te sien watse verrassing Jwanie vir JW en Lelanie weggesteek het.

Sink of swem?

1h 10m · Published 20 Nov 04:50

Kampvuurpraatjies oor realiteitsprogramme en natuurverskynsels lei na die onvermydelike kronkelpadjies waarin JW en Lelanie telkens afdraai. Dit dwing Jwanie om in te gryp en die onderwerp te verander met 'n fiktiewe teks wat voorgelees word asof dié twee weer oudisie vir Survivor en FliekNet Foendies.

Late Night met JW en Lelanie

1h 5m · Published 14 Nov 10:48

Episode 3 is die tipe laatnagvermaak waarvan JW en Lelanie nog altyd droom - 'n Talk Show! Jwanie verras die twee met 'n verskeidenheid insetsels, geïnspireer deur hulle gunsteling programme. Hulle verwelkom ook vir die eerste keer 'n LIVE Studio Audience!

Net 'n teorie

1h 5m · Published 23 Oct 04:50
Dis dou voor dag en JW en Lelanie is voor die lens. Die twee probeer hul heel bes om, in opdrag van hulle vervaardiger, so vroeg gefokus te wees terwyl hulle 90's cartoons en hulle daaglikse roetines bespreek. Kwantum meganika, allelopatie, sekondêre metaboliete en 'n splinternuwe instagram account.

A lil' bit Jwanie

1h 2m · Published 09 Oct 04:44

Met die loods van Reeks 4, word JW en Lelanie met 'n nuwe karakter gekonfronteer, wat dinge effens meer gestruktureer laat geskied. Hulle herhinner mekaar aan die oorsprong van @vandiespooraf, maar in getroue opregtheid, bly hulle steeds wie hulle is.

Spesiale bedanking aan FKN MAN Podcast vir die gebruik van sy PodMics

https://www.instagram.com/fknman_official

Seisoen 4 - Ons is op die podium

7m · Published 02 Oct 10:16

Voor Reeks 4 van @vandiespooraf loods, deel JW en Lelanie hulle opwinding oor die nuwe formaat en lewer hulle insigte oor dié nuwe trajek 🚂 🚀

Die begin van 'n nuwe avontuur

1h 14m · Published 10 Jul 05:00

In die laaste episode van die derde reeks bespreek JW en Lelanie die toekoms van die podcast, die nuwe normaal na covid, Wes Anderson se ikoniese styl en nog vele meer!

Van die spoor af has 52 episodes in total of non- explicit content. Total playtime is 52:24:02. The language of the podcast is English. This podcast has been added on November 22nd 2022. It might contain more episodes than the ones shown here. It was last updated on May 11th, 2024 10:10.

Similar Podcasts

Every Podcast » Podcasts » Van die spoor af