Eensgesind Klanklêers cover logo
RSS Feed Apple Podcasts Overcast Castro Pocket Casts
English
Non-explicit
acast.com
5.00 stars
43:26

It looks like this podcast has ended some time ago. This means that no new episodes have been added some time ago. If you're the host of this podcast, you can check whether your RSS file is reachable for podcast clients.

Eensgesind Klanklêers

by Eensgesind Klanklêers

Die Eensgesind Klanklêers bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue ’n platform te bied waarbinne hulle nie net intellektueel verryk kan word nie maar ook blootgestel kan word aan inspirerende skrywers, kommentators en bronne wat hul nie sou teëkom in hul alledaagse lewe nie. Ons bied aan verbruikers eietydse en pasgemaakte media wat hul in sogenaamde vrye tyd kan inneem.

Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Copyright: © 2018 - Eensgesind Media Edms Bpk

Episodes

Hensoppers en Joiners

34m · Published 12 Mar 03:00

REDE UIT DIE VERLEDE


Net om die woorde “Hensoppers” en “Joiners” met betrekking tot die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) te hoor, maak baie mense warm onder die kraag. Net die gedagte dat ʼn medeburger die wapen opgeneem het om sy eie mense te dreig en in ʼn oorlog dood te skiet, is bykans ondenkbaar. Maar selfs die verraaiers in ons midde het hul eie unieke geskiedenis wat vertel moet word.


In hierdie episode van Rede uit die verlede praat Emile en Johan oor die motiewe van sekere Transvaalse en Oranje-Vrystaatse burgers wat oorgegee het (Hensoppers) en die wat by die Britse magte aangesluit het (Joiners). Ook wat met hulle na die oorlog gebeur het, is deel van die gesprek.


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

'n Gesprek oor Robey Leibbrandt

56m · Published 05 Feb 03:00

Rede uit die verlede


Robey Sidney Leibbrandt is 55 jaar na sy dood steeds ʼn historiese figuur wat akademici en geskiedenisentoesiaste se aandag trek. Leibbrandt was ʼn komplekse persoon wat eenvoudig nie deur een bepaalde perspektief beskou kan word nie. 


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Washington en sy opvolgers

1h 26m · Published 16 Oct 03:00

VSA/RSA


Op 30 April 1789 word George Washington die eerste president van die Verenigde State van Amerika. Sedert sy presidensie het 44 verkose Amerikaanse burgers hom opgevolg. Elkeen was uniek en party kontroversieel. Binnekort moet die Amerikaners weer stem ten gunste van 'n tweede termyn vir die 45ste Amerikaanse president, of om nommer 46 kans te gee om te regeer.



In hierdie episode van Rede uit die Verlede word die ampstermyne van sekere Amerikaanse presidente kortliks bespreek, naamlik John Adams (pa en seun), James Monroe, Abraham Lincoln, Andrew Jackson, Ulysses S. Grant, Teddy Roosevelt, Woodrow Wilson, Franklin Roosevelt, John F. Kennedy, Richard Nixon en Ronald Reagan.


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Genadeloos: Die Yassiem Harris- en Sandra Smith-moordsaak

24m · Published 02 Oct 03:00

DOSSIER


Op 2 Junie 1989 word Sandra Smith na die galg gelei. Met die voltrekking van haar vonnis word sy die laaste vrou wat in Suid-Afrika die doodstraf gekry het. Op dieselfde dag is Yassiem Harris ook gehang omdat hy in 1986 ʼn wrede moord  saam met Smith gepleeg het.



Sandra Smith was ʼn getroude vrou en ʼn ma van twee toe sy en Yassiem Harris mekaar ontmoet het. Omdat haar man gereeld uitstedig was, was dit maklik om ʼn buite-egtelike verhouding met Harris aan te knoop. Terselfdertyd het Yassiem ook ʼn verhouding met Jermaine Abrahams gehad, wat dalk die jaloesie in Smith laat ontketen het?


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Die opkoms en ondergang van Zola Mahobe: Soweto se Mr Cool

24m · Published 11 Sep 16:31

DOSSIER


Van 1983 tot 1987 het Zola Mahobe, bekend as Mr Cool, ʼn koninklike lewe gelei. Eens die eienaar van die bekende Suid-Afrikaanse sokkerspan, Mamelodi Sundowns, was dit hierdie seun van Soweto se droom om meer as net die NSL-trofee te wen.


Met sy maatskappy, Power Promotions, was hy in die posisie om in die 1980's met die elite van Suid-Afrika om te gaan. Sy besigheidsportefeulje het stelselmatig uitgebrei, maar teen 1987 was die spreekwoordelike koeël deur die kerk vir Mr Cool.

Waarom? Luister gerus na hierdie episode van Dossier.


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

VSA/RSA: Deel 6

26m · Published 21 Aug 03:00

VSA/RSA: Deel 6


Dit is September 1899 en die Amerikaners in Transvaal moet planne maak om uit die land te kom. Oorlog blyk onafwendbaar te wees en die Amerikaanse konsuls in Pretoria en Kaapstad moet hul burgers help om uit Transvaal te kom.


Hierdie episode handel juis oor die redes waarom sekere Amerikaners in Transvaal besluit het om liewers pad te gee, as om aan die oorlog tussen die Boererepublieke en die Britse Ryk deel te neem. En natuurlik ook hoe hulle Transvaal verlaat het.


Washington D.C. het natuurlik ʼn spesifieke beleid gehad met betrekking tot Transvaal en die Oranje-Vrystaat, terwyl beide state in ʼn oorlog teen die Britse Ryk gewikkel was. Dit word verduidelik om sodoende presies te bepaal wat die administrasie van president McKinley se beleid ten opsigte van die oorlog in Suid-Afrika was.


 Luister gerus verder:



Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

VSA/RSA: Deel 5

33m · Published 24 Jul 04:01

VSA/RSA


'n Paar maande voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899 was die verhouding tussen die ZAR en VSA nie op 'n baie goeie voet nie. Alhoewel die OVS vir ʼn geruime tyd diplomatieke verteenwoordiging in die VSA gehad het, het die ZAR die fout begaan om nie ʼn konsul in die VSA aan te stel nie.


Dit lyk asof die Transvaalse leeu en die Amerikaanse witkoparend van 1898 tot 1899 vir mekaar gegluur het. Dr. W.J. Leyds het alles in sy mag gedoen om die ZAR se beeld in die buiteland te versterk, maar mense soos John Hay en John Hays Hammond met hulle anti-Boersentimente het die taak bemoeilik.


Daar het ook onsmaaklikhede in die ZAR voorgekom waarby Amerikaners betrokke was, wat glad nie die goedkeuring van die Amerikaanse konsul in Pretoria, Charles Macrum, of sy regering weggedra het nie.

Luister gerus verder:



Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

VSA/RSA- Deel 4

32m · Published 17 Jul 03:00

DEEL 4


Dit is 1898 en die spanning in Transvaal word elke dag erger. Sommige Amerikaanse burgers in Transvaal, waarvan die meeste in die mynbedryf werksaam is, het anti-Paul Krugeroortuigings en is lus vir ʼn bakleiery saam met die ander “Uitlanders”. Ander is pro-Boer en werk saam met die Amerikaanse konsulaat in Pretoria om vir president Kruger ʼn mooi geskenk vir sy verjaarsdag te koop.


Die Amerikaanse burgery hou gebeure in Transvaal met ʼn valkoog dop. Verskillende sprekers lewer lesings oor die Boere en die Boererepublieke regoor die VSA, maar anti-Boeraktiviste skryf vir enige belangstellende tydskrif of koerant waarom die Britse Ryk die hele Suid-Afrika moet regeer.


Die Amerikaanse regering van president McKinley hoor gereeld negatiewe stories oor Transvaal deur mense soos John Seymour, ʼn prokureur van Wallstraat in New York, en John Hay die VSA se Staatsekretaris. Maar Mckinley se ware bekommernis is of die Krugerregering Amerikaanse burgers vir diens te velde sal opkommandeer.


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

VSA/RSA Deel 3

35m · Published 10 Jul 03:00

Indien die Verenigde State van Amerika so magtig en pro-Boer was, waarom het die VSA nie die twee Boererepublieke in 1899 kom help nie? Dit is ʼn billike vraag en een wat kortliks in hierdie episode bespreek word.


Dit is waar dat Anglofobie in Amerikanergeledere gedurende die eerste 50 jaar van die 19de eeu geheers het. Hoe anders as 'n mens die Amerikaanse Rewolusie en die oorlog van 1812 in berekening bring? Hierdie gevoel het weer vlamgevat toe Britse skeepsmaatskappye gewillig was om skepe vir president Davies se regering te bou.


Maar na die Washington Verdrag van 1871 het die VSA en die Britse Ryk mekaar gou weer vergewe en mekaar in die 1890’s ondersteun: eers met die grensgeskil met Venezuela en toe die oorlog in Kuba, om twee voorbeelde te gee.


Gou het die VSA agtergekom dat Washington nie op Londen se tone moes trap nie. Het dit dalk ʼn rol gespeel in die VSA se “neutraliteit” ten opsigte van die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902?


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

VSA/RSA (Deel 2)

32m · Published 19 Jun 04:31

VSA/RSA


In hierdie episode van VSA/RSA word die rol van Amerikaners in die Jameson-inval van 1895-1896 kortliks bespreek. U sal ook hoor wat Amerikaners in die algemeen van die Boererepublieke gedink het.


Name van vooraanstaande Amerikaners (in Transvaal en in die VSA) soos John Hays Hammond, Richard Olney en Theodore Roosevelt word in die bespreking genoem en hoe hul woorde en dade gedurende die middel van die 1890's veral die ZAR belemmer of gesteun het.


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Eensgesind Klanklêers has 127 episodes in total of non- explicit content. Total playtime is 91:56:07. The language of the podcast is English. This podcast has been added on November 28th 2022. It might contain more episodes than the ones shown here. It was last updated on April 27th, 2023 00:11.

Similar Podcasts

Every Podcast » Podcasts » Eensgesind Klanklêers