Wiele2Wiele cover logo
RSS Feed Apple Podcasts Overcast Castro Pocket Casts
Afrikaans
Non-explicit
iono.fm
23:12

Wiele2Wiele

by Maroela Media

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

Copyright: Maroela Media

Episodes

Wiele2Wiele gesels oor Takumi, Ora en Fronx

26m · Published 14 Mar 11:55
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Mazda CX60 Takumi, spandeer tyd met die elektriese GWM Ora en ook met Suzuki se Fronx. Vir die wenk van die week beantwoord hulle die vraag oor of jy jou binnebrandenjin na elektries kan omskakel? Daar is ook die eerste MotoGP-opwinding vir 2024. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele gesels oor BMW, Audi se vuurwaens

25m · Published 08 Mar 07:58
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar gesels oor BMW se nuwe 5-reeks sedan, wat die BMW i5 M60 xDrive en BMW 520d insluit, en Audi se RS6 Avant Performance! Daar is ook ’n eerste vir Wiele2Wiele - ’n radiodrama oor Miniette en Golfvaas wat vir ’n koffie-afspraak gegaan het. Die span gesels ook oor die 'Kerk, Karre & Koffie' mini-motorskou en alles wat daar te siene was. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry met GWM se Tank

26m · Published 29 Feb 09:29
Hierdie week gaan speel Wiele2Wiele met GWM se Tank 300, wat kan klim waar bobbejaan ’n kierie nodig het. Honda stel sy nuwe Elevate bekend - ’n kompakte sportnutsvoertuig wat jou sal verbaas - en spandeer ook tyd met Suzuki se sessitplek-XL6. Clinton Pienaar kuier in die ateljee en deel al die jongste motorfietsnuus terwyl hy ook waardevolle raad gee. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry met Merc se GLE-reeks

24m · Published 22 Feb 12:29
Hierdie week gaan ervaar Wiele2Wiele die nuwe Mercedes-Benz GLE SUV- en koepee-modelle. Vir die tweede keer in BMW se geskiedenis, is daar nog ’n M-model wat op sy eie staan - die BMW XM - en die span kan nie uitgepraat raak oor hierdie luukse wa wat hulle ervaar het nie. Hulle spandeer ook tyd met die Ford Puma, gee raad oor verkoelingstelsels en sien uit na die 2024 MotoGP. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry met nuwe Cruiser

24m · Published 15 Feb 07:19
Wiele2Wiele gaan ry met die nuwe Toyota Land Cruiser 70 Series - hierdie 4x4-ikoon het nou ’n nuwe dryfstel-opsie. Daar is nuus by Volkswagen Suid-Afrika, alles oor suspensie vir die wenk van die week en hulle gesels oor die Sasol Yamaha FZR 1000 brandstofnavorsing-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry met BMW X6 M60i

25m · Published 09 Feb 06:31
Hierdie week gaan gly Wiele2Wiele oor die pad met die nuwe Mercedes-Benz GLC Coupé, ry met die BMW X6 M60i-monster en raak weer aan die “Stand van die motorbedryf” (SOMI). Daar is nuus wat breek oor paraffien in diesel en dan kuier Clinton Pienaar in die ateljee met al die nuutste KTM motorfietsnuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele gesels oor jongste motornuus

25m · Published 02 Feb 06:23
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou meer oor die sewende “Stand van die motorbedryf” (Somi)-geleentheid, hulle gly oor die pad met Mercedes-Benz se C220D, het gaan kuier by get\Worth en vertel jou meer oor motorfiets- en motorvervaardigers wat saamwerk. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele

26m · Published 25 Jan 16:08
Wiele2Wiele gaan ry met Suzuki se vyfdeur-Jimny, vertel jou oor Stellantis se toekomsplanne en sluit die 2024 Dakar-veldtydren af met ’n opsomming. SVI bied nou vir jou opsies om die nuwe Ford Ranger-bakkie te pantser en vir 2Wiele gaan hulle terug in tyd om te gesels oor die unieke klank van tweeslag-motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele ry met peper warm Cayenne S

26m · Published 19 Jan 10:48
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Porsche se Cayenne S - die klank van hierdie 4.0L V8 met twee turboaanjaers, sal beslis vir jou hoendervel gee. Hulle spandeer ook tyd met Toyota se Vitz en gesels oor die 2024 Dakar-veldtydren. Vir die wenk van die week gesels die span oor filters en dan gaan hulle terug in tyd met snaakse motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele vat langpad met Scorpio-N

24m · Published 12 Jan 07:09
Vir die eerste program van 2024, vat Wiele2Wiele die langpad met Mahindra se Scorpio-N, gesels oor die Suider-Afrika deelnemers in die 2024 Dakar-ren, bring hoop wanneer dit by binnebrandenjins kom en gaan terug in tyd met Honda se VFR-motorfietsreeks. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Wiele2Wiele has 486 episodes in total of non- explicit content. Total playtime is 187:55:47. The language of the podcast is Afrikaans. This podcast has been added on November 28th 2022. It might contain more episodes than the ones shown here. It was last updated on May 26th, 2024 04:44.

More podcasts from Maroela Media

Every Podcast » Podcasts » Wiele2Wiele