Eensgesind Klanklêers cover logo
RSS Feed Apple Podcasts Overcast Castro Pocket Casts
English
Non-explicit
acast.com
5.00 stars
43:26

It looks like this podcast has ended some time ago. This means that no new episodes have been added some time ago. If you're the host of this podcast, you can check whether your RSS file is reachable for podcast clients.

Eensgesind Klanklêers

by Eensgesind Klanklêers

Die Eensgesind Klanklêers bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue ’n platform te bied waarbinne hulle nie net intellektueel verryk kan word nie maar ook blootgestel kan word aan inspirerende skrywers, kommentators en bronne wat hul nie sou teëkom in hul alledaagse lewe nie. Ons bied aan verbruikers eietydse en pasgemaakte media wat hul in sogenaamde vrye tyd kan inneem.

Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Copyright: © 2018 - Eensgesind Media Edms Bpk

Episodes

“Afrikaner-argeologie” Is dit moontlik?

1h 0m · Published 20 Apr 06:00

'n Rede uit die Verlede-episode


Lande soos Egipte, Israel, Irak, Iran, Griekeland, Italië, Sjina, Peru, Meksiko, Tonga, Fidji, ens. het 'n argeologiese rekord wat spesifiek verbind kan word met 'n antieke gemeenskap wat daar eens gewoon het. Die bestudering van sulke antieke gemeenskappe het selfs spesifieke studierigtings oor die laaste 200 jaar geskep waarin belangstellendes hulself kan bekwaam. Egiptoloë bestudeer net die merkwaardige en komplekse argeologie van antieke Egipte. Kundiges in Klassieke Studies bestudeer weer die moondhede wat in Griekeland en in Italië regeer het.

Argeologie fokus nie net op die antieke tye nie. Opgrawings is al gedoen oor die gemeenskappe van die Middeleeue, skeepswrakke van die Vikingers en die slagvelde van die oorloë in die tweede millennium na Christus. Dit sluit selfs die slagvelde van die 19de eeu in. Al hierdie navorsing kan onder die breë sambreel-term Historiese Argeologie val.

In Suid-Afrika is verskillende projekte al onderneem wat handel oor die historiese argeologie van Suid-Afrika. Ongelukkig is min werk al gedoen. Dit kan dalk berus op die feit dat studies in die Steen-en Ystertydperk dalk hoër op die prioriteitslys is as historiese argeologie. Uit die 27 Suid-Afrikaanse universiteite is daar net ‘n paar wat die toekomstige argeoloog oplei. Dit beteken dat ‘n klein klompie professionele argeoloë tans in Suid-Afrika opgrawings mag doen en sodoende die Suid-Afrikaanse historiese rekord met hul bevindings verryk.


Dit is moontlik om spesifieke opgrawings te doen wat op die moderne era van Suid-Afrika fokus. Die opgrawings wat in Kaapstad gedoen is ten opsigte van die VOC-nedersetting, wat toe later as Kaapstad bekend gestaan het, kan vandag in die Moederstad gesien word. Maar dit is moontlik om die gebeurtenisse na 1652 verder noord ook te bestudeer. Selfs die padrao ( klipkruis wat die Portugese seevaarders opgerig het), kan by die Universiteit van die Witwatersrand gesien word (dus is Suid-Afrika se historiese argeologiese rekord nog voor 1652).

As 'n mens die moderne Suid-Afrikaanse geskiedenis deur middel van die wetenskap van argeologie kan bestudeer, is dit dan moontlik om te redeneer dat ons in die toekoms sal praat van "Afrikaner-argeologie"? Opgrawings by Anglo-Boereoorlog- (of Suid-Afrikaanse Oorlog-) slagvelde, voormalige nedersettings van die ou Boererepublieke en selfs die beendere van die afgestorwe bywoner op 'n historiese plaas? Sulke argeologiese opgrawings word reeds gedoen.


Een van Suid-Afrika se bekende argeoloë, wat al verskillende projekte oor Suid-Afrikaanse historiese argeologie behartig het, is professor Anton van Vollenhoven. Luister saam (op ons Webblad, Castbox/ ITunes of Stitcher- kanaal) oor sy opvattinge van die moontlikheid van "Afrikaner-argeologie" as 'n toekomstige vakgebied en ook die huidige stand van Suid-Afrikaanse historiese argeologie.


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Monument vir ‘n Alleenloper?

59m · Published 13 Apr 05:15

'n Padlangs Erfenisstigting-episode


Om erfenisterreine te bestuur, is nie 'n maklike taak nie. Dit is nie binne elkeen se vermoë om die verantwoordelikheid van 'n erfenisbewaarder, of dalk is die Engelse woord "custodian" beter, te dra nie. Daarom moet die verantwoordelikheid om na ons erfenis om te sien, in die hande van opgeleide deskundiges geplaas word. Die Amerikaners doen dit veral in Washington DC met die “Jeffersonian Society”. In Suid-Afrika is die Erfenisstigting in Pretoria ons kampioene in die veld van erfenisbewaring,


Die Erfenisstigting sien om na 'n verskillende erfenisterreine op verskillende plekke, en as gevolg van hul harde werk, is die kans groter dat hierdie terreine verder sal kan voortbestaan. Hulle kort natuurlik die samewerking van die publiek. Dus, wat kan jy doen? Dit is baie maklik. Wanneer die geleentheid hom voordoen, maak seker jou voete dra jou deur die ingang na die historiese terrein. Met ander woorde, selfs 'n enkele besoek is goed genoeg, nie net vir die Erfenisstigting nie, maar ook vir die besoeker.


Historiese terreine waar die geskiedenis letterlik plaasgevind het, is waar die teenswoordige tyd saam met die verlede wals. Indien daar goed na die terrein omgesien word, is die ervaring net so winsgewend vir al die betrokke partye. Dus: die Erfenisstigting lewer 'n belangrike diens vir ons as burgers van Suid-Afrika.


Die eerste monument wat ons in hierdie reeks gaan bespreek en besoek, is die Danie Theron Monument duskant Potchefstroom. Geleë langs die N12-hoofweg, kan die Danie Theron Monument duidelik en van ver af gesien word. Maar daar is meer as net die bekende 1950-gedenknaald vir Danie Theron wat op hierdie historiese terrein gesien kan word. Maar wie was Danie Theron en wat is die storie agter hierdie monument wat 'n mens padlangs na Potch kan sien? (Sien kaart hieronder)


Luister saam (op ons webblad of op ons Castbox/Itunes-klanklêerkanaal) en vind uit wie Danie Theron was en hoekom daar so ‘n indrukwekkende gedenknaald vir hom opgerig is.


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Jare van betrokkenheid bring insig

59m · Published 06 Apr 04:00

'n Rede uit die Verlede-episode


Cecil de Villiers is nie net ʼn gewone senior burger van die Republiek van Suid-Afrika nie. Hy het dwarsdeur sy lewe die land in verskillende kapasiteite gedien, selfs toe die druk van die hoogste vlakke van die land se bestuur sy werk bemoeilik het.


De Villiers het sy lewe in Kaapland begin toe die Depressiejare van die vroeë 1930's reeds sy impak op die Suid-Afrikaanse burgery getoon het. Generaal Hertzog was steeds aan die stuur van sake saam met sy “kameraad”, generaal Jan Smuts in die Verenigde Party. Die wêreld was vinnig op pad na ʼn globale krisis onder Herr Hitler en die opgang van Afrikanernasionalisme was sterk op pad om die stemgeregtigde bevolking te oortuig dat dr Malan en sy Gesuiwerde Nasionale Party ʼn beter plan vir Suid-Afrika het as die “Sappe”. Dit is die omstandighede waarin De Villiers sy lewe begin het. Moeilike tye ja, maar die moeilikheid van die makro-omgewing sou nie verdwyn toe hy volwassenheid bereik het nie.


Geleenthede was daar wel vir hom en sy mede-“Baby Boomer”-generasie, maar De Villiers het elke geleentheid wat hom voorgedoen het, met volle oortuiging en wilskrag aangegryp. Sodoende het hy met die politieke “reuse” van sy tyd saamgeloop en binnekringkennis opgedoen wat nou vir die eerste keer gedeel word.


Dit is hopelik nie die laaste keer dat De Villiers se verhale opgeneem en versprei word nie, maar Eensgesind hoop dat hierdie uurlange potgooi-episode u as luisteraar net so sal verbaas soos dit die onderhoudvoerder sprakeloos gelaat het.


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Sapmok

50m · Published 16 Mar 02:00

In hierdie tweede episode van Shoptalk gesels ons met Werner Winterboer. Werner is aan die stuur van Sapmok, 'n vervaardiger en verkoper van Suid-Afrikaanse veldskoene, oftewel vellies.


Werner vertel ons van die ontstaan en verhaal agter die handelsmerk, sy toekomsplanne vir Sapmok en die velliebedryf in die algemeen. Ons raak verder aan Werner se persoonlike ervarings, besigheidslesse en interessante staaltjies (waarvan hy baie het!)


Werner se liefde vir wildbewaring, reis, Afrika, Suid-Afrika en Pretoria, is inspirerend en 'n mens kan nie anders as om aan die einde van die episode graag jou eie avonture in 'n paar Sapmoks te aan te durf nie!


Indien jy meer inligting oor Sapmok of Werner wil hê, besoek gerus die Sapmok-webtuiste by www.sapmok.com of soek die Sapmok-bladsy op Instagram.


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Die Toordokters

12m · Published 09 Mar 16:00

Dit is dalk moeilik om te glo dat die Afrikaner 'n geskiedenis van mistieke gebeurtenisse en geheimsinnge individue het. Gedurende die agtiende en negentiende eeu was die volksgeloof gevul met stories oor vuur-, lug- en watergeeste, voorspellings, goëlery, spoke en towenaars. In hierdie eerste episode van ons nuwe klanklêerreeks - Mistiek Suid-Afrika, gaan ons fokus op twee van ons land se vernaamste Afrikanertowernaars/toordokters, naamlik Skoorbek en Sors de Beer.


Die Toordokters


Heinrich Schörbeck, beter bekend as Skoorbek, was 'n verloopte matroos wat gedurende die vroeë 1800's langs die Kromrivier in die distrik Humansdorp woonagtig was. Skoorbek was bestempel as 'n "wit towenaar" wat sy magte ingespan het tot die voordeel van sy medemens en die gemeenskap.


Sors de Beer, wat soos Skoorbek 'n dissipel van die "wit" towerkuns was, het in die laat 1800's tot die vroeë 1900's op ’n plaas aan die oewer van die Vogelrivier in die distrik Pearston geboer. Albei hierdie historiese figure was bekend vir hulle bonatuurlike gawes en het sonder voorbehoud hulle magte in die openbaar gebruik.


Luister na ons klanklêer-episode waar ons 'n paar van die stories en avonture van die twee Suid-Afrikaanse towenaars vertel.


Bronne: Grobbelaar, P.W. 1977. Volksgeloof. In: Grobbelaar, P.W (red), Boerewysheid: Die Afrikaner en sy kultuur. Deel VI, Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers & Coetzee A.J. 1938. Die Afrikaanse volksgeloof.


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Skotse rompe vir Afrika

1h 1m · Published 09 Feb 08:10

'n Shop Talk episode


Die Comaroffs (John en Jean) van Harvard Universiteit oortuig die leser in hul boek Ethnicity Inc. hoe dit deesdae moontlik is vir winkeliers en vervaardigers om 'n goeie inkomste te verdien uit die vervaardiging van tradisionele items soos kleredrag en ander bykomstighede. "Commodifying descent" noem hulle dit in hoofstuk 4.


In Kya Sands, Johannesburg, vind 'n mens die verwerkliking van hierdie begrip met die besigheid Cargokilts wat sedert 2010 deur die enkeleienaar en amptelike "kilter" van Suid-Afrika, Egbert Harmse, bedryf word:    


Aanvanklik 'n ingenieur van beroep, het Egbert vir homself 'n nis in die tekstielmark uitgekerf, waar hy mense met Kalidoniese verwantskap help om 'n kilt te weef volgens hul familie se spesifieke patroon, bekend as 'n tartan. Sodoende help dit die gebruiker van sy produkte om hom/haar met sy/haar identiteit te vereenselwig en om hulle bande met die verlede, veral hulle familie s'n, te verstewig.


Sy ander produk is die "kilts" wat van 'n sterker materiaal gemaak word, wat nie 'n spesifieke “tartan”-patroon volg nie. Dus die naam Cargokilts; maar daar is meer oor Egbert as net die daaglikse weef van Skotse rompe. In die onderhoud kom 'n baie unieke storie uit sy verlede na vore, wat elke luisteraar behoort te verstom en te vermaak.


Om meer oor Egbert se perspektiewe ten opsigte van sy besigheid en sy produkte te hoor en om natuurlik uit te vind wat met hom gebeur het, laai gerus die potgooi af en luister saam na 'n bietjie "Shop Talk".


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Afrikaans as ‘n instrument van uitsluiting en rassemeerderwaardigheid?

59m · Published 02 Feb 02:00

'n Analise van Afriforum en 'n Ander v Universiteit van die Vrystaat


In hierdie eerste episode van ons nuwe reeks - 'n Selde Gesprek, praat ons met professor Koos Malan oor die onlangse saak van Afriforum en 'n Ander v Universiteit van die Vrystaat [2017] ZACC 48. Hierdie saak handel oor die Universiteit van die Vrystaat se nuwe taalbeleid, waarvolgens Engels aangewys is as die primêre medium van onderrig op voorgraadse en nagraadse studievlakke.


Professor Koos Malan is al 15 jaar lank 'n professor in Publiekreg aan die Universiteit van Pretoria, nadat hy 'n staatsaanklaer en ook 'n landdros was. Professor Malan spesialiseer onder meer in Grondwetlike teorie, asook Taalregte. Hy is die outeur van die boek Politocracy en verskeie akademiese joernale.


Tydens die gesprek praat ons met professor Malan oor sy algemene indruk van die saak en die meerderheidbeslissing soos voorgehou deur Hoofregter Mogoeng Mogoeng. Ons fokus spesifiek op die breër implikasies van die meerderheidsbeslissing op Afrikaans en analiseer die Grondwetlike Hof se neiging om uitsprake in 'n bepaalde historiese konteks te plaas. Professor Malan gee ook vir ons sy interpretasie van die volgende paragraaf in die minderheidsbeslissing (voorgehou deur Regter Froneman), naamlik –


"Die toekoms van Afrikaans lê in die hande van ’n jonger geslag wat Afrikaans praat. Of daar ooit ’n Derde Taalbeweging sal wees, hierdie keer vir ’n inklusiewe Afrikaans ontdaan van ras- en ander vooroordele, sal slegs die tyd leer."


Ter afsluiting analiseer professor Malan die toekoms van Afrikaanse primêre, sekondêre en tersiêre onderrig.


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Eensgesind Klanklêers has 127 episodes in total of non- explicit content. Total playtime is 91:56:07. The language of the podcast is English. This podcast has been added on November 28th 2022. It might contain more episodes than the ones shown here. It was last updated on April 27th, 2023 00:11.

Similar Podcasts

Every Podcast » Podcasts » Eensgesind Klanklêers